Ken jy die waarde?
Ken jy die diepte?
Ken jy die kosbaarheid van vrienskap?

Die pad na ware vriendskap begin met ‘n glimlag en ‘n uitreiking van jou hand
Jy’t met ‘n doel in my lewe gekom
Wat ons deel is ‘n baie spesiale band
Ek sal dit nie vir ‘n miljoen dollar ruil
Soms het almal iemand nodig, want ons almal makeer ‘n skouer waarop ons kan huil.

Ken jy die liefde?
Ken jy die vreugde?
Ken jy die geduldigheid van ‘n liefdeslied?
Is dit wat vriendskap is?
Bedek dit alles?
Verheug dit oor die waarheid?
Ja, vriendskap glo alles,hoop alles en verdra alles

Voorheen het ek dit nie geken
Maar jy’t my kom leer
Van die liefde, vreugde en geduldigheid
Van ware vriendskap…
Jy’t vir my gewys dat jy my by sal staan
En dat die liefde wat ons deel, nooit sal vergaan
En daarvoor wil ek jou bedank
Want jy’t my die pad na ware vriendskap gewys.