“Korreltjie korreltjie sand,
Korreltjie rol in my hand.”

Ek het al Ma se verse in my hart geskryf, en ek onthou elke enkele word. Ja, my Ma se naam was Ingrid Jonker.

Toe ek nog ‘n klein meisietjie was, het Ma in die see geloop. Ek onthou Ma was nie meer soos ‘n mens nie, sy was soos ‘n donker skaduwee. Sy het nie meer geglimlag nie, en sy was altyd harteer.

“Kind wat roep uit sy Ma se skoot niks in hierdie wereld is groot,”

Daar is so reel wat ek vir Mamma wil se. Ek wil haar terug he, en ek wil vir haar wys hoe mooi die seelyk vandag. Sonder die strand was Ma nie Ma nie. Ek wil vir Ma se: “natuurlik is daar groot dinge in die wereld. My liefde vir jy Ma is groot. Ek is life vir Mamma. Kom terug!”

“Korreltjie niks is my dood.”

Toe Ma selfmoord gepleeg het, het sy geglo dat daar niks in die wereld vir haar was nie. Sy het wanhoping gevoel. Ek verstaan dit nou, maar Ma se dood was nie “niks” vir my nie. Vandag plant ek saadjies tussen die sandkorreltjies. Eendag sal hulle groot bome wees: hulle sal so lank wees dat hulle vir Ma “hallo” in die hemel sal se.

Ek wens ek kon vandag vir Ma die goudgeel gousblomme wys. Hulle is so geel soos die vet, gelukkige maan dat sy vir my gewys het toe sy “kabouter liefde” vir my geskryf het.Elke aand knipoog die sterre vir my, en ek weet Ma kyk na my van die hemel af.

As sulke pragtige gousblomme en bome uit die sand korreltjies kan groei, is die sand glad nie :niks” nie. Vandag plant ek saadjies, en ek weet Ma hoor my wanner ek fluister: “o, dis hier waar die liefde le. Rus in vrede, mamma.”