“Jy lyk goed, Noli!” het een van die meisies gesê wat vyf hutte laer af in die straat gebly het toe Noli verbygehardloop het om Joseph te ontmoet. Hulle het Saterdag ontmoet en sy het in sy arms gehuil. Sy het hom alles vertel. Hy was seker haar ma was in Mitchell’s Plein polisiestasie, want dit was naaste aan die taverne waar sy gearresteer is. Maar toe sy wou gehad het dat hy haar soontoe neem, het hy haar kalmeer en vir haar gesê om te wag totdat hulle wetlike hulp kon kry. En hy het presies geweet waarheen om te gaan. Vandag sou daar nie meer huilery wees nie.

“Waarheen is jy oppad meisie?” dit was Siphokazi, wat onder in die pad gebly het.

“Ek gaan kampus toe,” het Noluvuyo gesê, en probeer om die gesprek so kort moontlik te hou.

“Gaan doen jou ding, meisie. Ons het meer meisies soos jy hier rond nodig.”

“Dankie, Siphokazi,” het Noluvuyo gesê, verbaas oor hoe positief Siphokazi vandag was. Gewoonlik het sy net swets hoe sleg die lewe vir haar was.

Noluvuyo het uit die gebied van die hutte na die hoofpad geloop. ’n Bellville taxi het verby gery. Dit was so vol dat sy metaalraam kraakgeluide gemaak het toe dit verbygaan. Indien daar enige verandering in die situasie tuis sou wees en sy matriek goed kon slaag, sal dit volgende jaar sy wees in daardie taxi, oppad na die universiteit. Sy het uitgesien daarna.

Die park was in sig. Dit was nie omhein soos die parke in Bellville en die ander gebiede nie, maar die gras was pragtig groen. En die kinders het gelukkig gelyk wat daar gespeel het.

Sy het Joseph op een van die banke sien sit langs waar sy broer se kar geparkeer is.

“Haai, Jo.”

“Noli!”

Die twee het omhels. Joseph het sy arms styf om haar geslaan. Hy was nogal maer vir so ’n lang ou, maar hy het ’n goeie hart en ’n aantreklike glimlag gehad. Dis al wat vir Noluvuyo saak gemaak het.

“Ek’s jammer ek’s laat, ek moes die kinders kosgee en hulle na die bure neem.”

“Moenie daaroor stres nie”, het hy gesê terwyl die twee na sy kar toe geloop het. Dit was warm binne uit die koue wind uit wat die modder en sand op die pad gewaai het.

“Is jy seker hulle sal Mavis kan uitkry?” het sy hom gevra. Sy was so angstig, sy kon sedert Vrydagaand glad nie slaap nie en was uitgeput.

“Daar is net een manier om uit te vind, veronderstel ek. Hulle het ’n vriend van my voorheen gehelp. Laat ons hoop.”

Joseph het die kar aangesluit en binnekort het hulle hul pad uit die strate van Philippi weggedraai. Dit het hulle nie lank geneem om die ingang van die universiteit te bereik nie. Joseph was by UWK en het regte studeer. Hy het Noli veilig laat voel. Hy sou weet wat om te doen. Hy sou kalm bly, selfs al kon sy nie. Sy het aanhou dink aan haar suster toegesluit in ’n sel, of slegter, alleen op straat iewers, beseer en hulpeloos.

Joseph het die kar parkeer en haar hand geneem toe hulle deur die glasdeure en na die Regshulp kantoor by UWK geloop het. Noluvuyo het ’n tou verwag, maar dit was vroeg en hulle was eerste daar. Die twee het by ontvangs ingeteken en dit het nie lank geneem voordat hulle deur ’n prokureur ingeroep is nie.

Die plaatjie op die deur het gelees: Michelle Van Vuuren. Die oomblik toe Joseph en Noluvuyo ingestap het het sy opgestaan en hande geskud en haarself voorgestel.

“Hoe kan ons regshulp kliniek julle help?” het sy met ’n glimlag gevra. Iets binne in Noluvuyo het ontspan en sy het gevoel asof sy uiteindelik weer vry kon asemhaal.

“My oudste suster is Vrydag deur die Philippi Oos polisie in hegtenis geneem en ons weet nie waar sy is en wat met haar gebeur het nie. Haar naam is Mavis Nolubabalo Fanteni en sy is 33 jaar oud. Sy het twee kinders. Een is ’n tienjarige seun en die ander is ’n sesjarige dogtertjie. Ek was die heel naweek siek van bekommernis dat hulle my sou vra waar hulle ma is…” hier kon sy haarself nie keer om te begin huil nie. Joseph het haar hand gedruk vir versekering.

“Sy is waarskynlik in die Mitchell’s Plein aanhoudingselle. Ek raai dat hulle haar nie toegelaat het om te bel om ’n prokureur te kry nie, of om julle ouens te laat weet wat gebeur het nie. Hulle is veronderstel om dit te doen volgens wet, maar partykeer gebeur dit nie. Jy het nie van haar gehoor nie?”

Noli het haar kop geskud. “Sy mag dalk nie haar selfoon hê nie. Ek….”

“Ken sy jou nommer?”

Noli het geknik.

“Dan moes die polisie jou gebel het. Sy is ook geregtig op ’n prokureur. Maar jy moet verstaan, as ons daar kom mag sy my dalk nie as haar prokureur wil hê nie. Sy het die reg om haarself te verteenwoordig.”

“My suster is ’n alkoholis….” het Noli gefluister, “sy het hulp nodig.”

“En ek kan daardie hulp wees, het die prokureur gesê. “jy was reg om hiernatoe te kom. Jy was baie dapper.” Sy het vir Noli gesê: “Indien iets soos dit met my gebeur het toe ek jou ouderdom was sou ek dit nie so goed soos jy kon hanteer nie. Toe ek jou ouderdom was moes ek nie ma en pa vir jong kinders speel nie. Dis nie regverdig nie.” Sy het vir Noli geglimlag, en toe ’n blok papier uitgehaal. “Ek het nog verdere details nodig voor ons jou suster kan gaan sien. Teen môre sal ek gereël het dat ons haar in die tronk kan besoek. Jy kan saam kom.”

“Baie dankie, mevrou, het Noluvuyo gesê toe sy haar hand uitgestrek het na Michelle, en gewens het sy kon oor die tafel spring en haar eerder omhels, “Ek waardeer regtig al u hulp.”

Op pad na Joseph se kar het Noli sy hand ’n bietjie stywer vasgehou. Sy het iets in haar hart voel roer. Daardie iets was hoop.

***

Vertel ons wat dink jy: Hoekom is dit belangrik vir Mavis om ’n prokureur te hê om haar in die hof te verteenwoordig?