“Mavis!” het ’n stem van die tuin af geroep. Dit was Mavis se baas, Caroline. Mavis het paniekerig gevoel. Die wasgoed was halfklaar. Vuil tekkies en sokkies het gestrooi gelê oor die vloer rondom die wasmasjien. Caroline sou dink sy het nog nie eers met die wasgoed begin nie.

Caroline het die waskamerdeur oopgestoot en afgekyk na die vloer wat met vuil klere bestrooi is. Mavis het die knoppies op die wasmasjien begin druk, en so besig as wat sy kon wees probeer lyk. Haar hande kon nie ophou bewe nie en haar liggaam het gesmag na nog ’n drankie.

“Mavis, dis half vier, wat gaan aan? Jy het nog nie met die wasgoed begin nie.”

Mavis het opgekyk na Caroline; haar lippe het gebewe toe sy haar trane probeer terughou. “Niks, mevrou. Die masjien wou nie vroeër begin nie toe soek ek vir ’n skroewedraaier om die kragprop te toets net soos mevrou vir my gewys het.”

“Ek praat nie oor die masjien nie, Mavis. Ek kan sien jy het gehuil. Wat gaan aan?”

“Dis my familie, mevrou. Ek het aangejaag.” Mavis wou verduidelik maar dit was te moeilik en sy het nie geweet of Caroline sou verstaan hoekom sy weer begin drink het nie.

Caroline het ’n tree nader aan Mavis gegee. “Jy kan reguit met my wees Mavis. Het jy weer begin drink?”

Mavis het by die venster na die tuin buite gekyk. Dit was sonnig daar. Sy kon die kinders langsaan hoor speel. Hulle lewens was so eenvoudig, het sy gedink. Hoe het haar lewe so ’n gemors geraak?

“Mavis as jy nie kan ophou drink nie gaan jy als verloor. Jy sal een van die dae wakker word en als sal weg wees – jou familie, jou werk, alles!”

“Ek is jammer mevrou, ek sal probeer om daarteen te veg…” Mavis het gevoel hoe warm trane teen haar wange afloop.

“Hoekom gaan jy nie nou huistoe nie. Ek sal hier klaarmaak.”

“Dankie, mevrou. Ek sal mevrou volgende week sien.”

Mavis het in ’n dwaal na die stasie gestap. Gewoonlik het sy gestop om met die ander skoonmakers te praat, maar vandag was dinge anders. Sy kon op niks fokus nie. Sy wou net by die huis kom.

Awunqabe, Mavis! Jy’s so skaars, Mavis!” het Sizeka , een van die skoonmakers saam met wie Mavis trein gery het, gegroet. Maar Mavis het nie geantwoord nie. Die wêreld om haar het gevoel of dit teen ’n verskillende pas beweeg het. Dit was moeilik om op die trein te klim en sy het gestruikel toe sy in die stormloop van passasiers vasgevang is wat vorentoe gebeur het om in te kom voordat die deure toemaak.

Terwyl die trein van Muizenburg na Kaapstad gery het, het Mavis onsiende by die venster uitgestaar. Alles buite was ’n waas. Al waaraan sy kon dink was om die gemors tuis reg te maak. Dit het begin toe die pa van haar kinders haar gelos het vir ’n vrou wat hy in Bra Mike se taverne ontmoet het. Mzwandile was net agt jaar oud daardie tyd en Siphosethu net vier – te jonk om hom selfs te onthou. Die vark is weg voordat hulle hom kon leer ken.

Dit is toe sy begin drink het. Dit het die gat gevul wat hy agtergelaat het. Dit het die ure vervang wat hulle gewoonlik deurgebring het om oor die onbelangrikste dinge in die lewe te praat. Dit was voor die kinders en die moegheid en die bakleiery, en die ander vroue. Soms het sy daardie praatjies met hom gemis, en die enigste ding wat die pyn verdoof het was die drank. Sy kon eenkeer dit regkry om op te hou, en probeer om haar familie bymekaar te hou, maar toe dinge regtig baie swaar geword het, het sy weer begin. Nou is die probeer om op te hou soos om die hoogste berg te klim – so hoog dat jy nie eers die punt daarvan kan sien nie.

Zuziwe, haar oudste suster het al klaar geloof verloor dat sy ooit sou regkom. En nou het dieselfde ding met haar jongste suster, Noluvuyo gebeur. Nee, sy moes aan haarself, haar susters en haar kinders bewys dat sy die krag het om op te hou. Dat sy weer die persoon wat sy eenmaal gewees het, kon wees.

*****

Toe sy by die huis gekom het het sy in Noluvuyo se kamer ingestap. Haar suster het geld gespaar van haar deeltydse werk as winkel-assistent om die huis te vergroot. Noluvuyo het so hard gewerk op skool. Sy was in Matriek en het hoë ideale gehad. Sy was die hoop van die familie.

Mavis het ’n pen op Noluvuyo se lessenaar gegryp en die laai oopgemaak. Daar was al haar suster se netjies geskryfde skoolnota’s saam met haar eksamenvraestelle. Uitstekend! Is op die boonste een geskryf.

Mavis het ’n skoon stukkie papier gekry, op die bed gaan sit en begin om ’n brief aan haar oudste suster, Zuziwe te skryf. Die kamer was stil, maar in haar gedagtes het ’n oorlog gewoed. Sy het nie die moed gehad om hierdie brief voorheen te skryf nie, maar nou was dit die regte tyd om alles te bely.

Allerhande vrae het haar gepla. Het sy ooit verdien om ’n ma vir haar twee kinders te wees? Wat sou Zuziwe doen as sy die brief gekry het? Sou sy al die pad van George af kom en die kinders terugneem saam met haar en hulle vir haar neem? Dit sou Mavis se hart breek. Wat sou Noluvuyo van al hierdie dinge sê?

Die vrae was oorweldigend. Sy het vir geen van hulle antwoorde gehad nie. Maar een ding het sy geweet– dit was tyd om haar foute te erken.

Zuziwe, ek het aangejaag. Ek weet nie waar om te begin nie. Ek weet net dat ek my kinders se lewens opgemors het en dat ek besig is om Noluvuyo se lewe ook op te mors. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek wil ophou drink maar ek kannie. Nie alleen nie, ek het hulp nodig…

Dit het gevoel asof sy net ’n paar minute geskryf het, maar toe sy afkyk het sy gesien dat sy ’n volle bladsy geskryf het en dat dit al skemer buite was. Die hartseer het in haar keel vasgesit. Sy wens iemand het vir haar gesê hoe pynlik dit sou wees om haar foute te bely. Gedurende die afgelope jaar en ’n half het sy net van een manier geweet om die pyn te versag en dit was om te drink.

“Mam’bhele!” het ’n man buite geroep. Slegs een man het haar so genoem en sy naam was Sakhumzi, haar kêrel.

Owu yini Bawo! – O my God,” het sy gefluister. Vinnig het sy die brief opgevou en dit in haar werksak gedruk voor sy uitgegaan het om met hom te praat.

Sakhumzi het in die hut ingestrompel en aan die stoel naaste aan die deur vasgegryp. Hy was alreeds dronk, maar dit was ’n toneel waaraan Mavis gewoond was. Dit was, per slot van sake haar drinkebroer.

“Hoekom het jy my gemaak om jou te kom haal? Het ek nie gister vir jou gesê om my by Bra Mike se taverne te kry nie? Hy gaan betaal vir daardie verfwerk wat ek gedoen het, Ons gaan genoeg geld hê vir ’n halfbotteltjie.

’n Deel van Mavis wou vir Sakhumzi sê om te skoert. Maar nog net een drankie, een laaste drankie om haar die moed te gee om op te hou.

“Kom ons gaan net Sakhumzi. Ek willie stry nie.”

“Jy het nie respek vir my nie Mam’bhele, maar ek sal dit hierdie keer oorsien,” het hy haar gewaarsku.

Daar was baie keer wat hy dit nie laat gaan het nie; dan het sy teruggekom met ’n blou oog of kneusplekke oor haar hele liggaam wat sy vir haar kinders probeer wegsteek het.

Toe hulle uitgegaan het op straat het Mavis Mzwandile se ou skoolsak by die deur gegryp om die bottel drank in te sit. As sy geweet het sy sou nie weer haar huis vir ’n tyd lank sien nie, sou sy dalk teruggekyk het na haar hut. Dit was nogal ’n gesig; ’n drie meter lange mengsel van geroeste sinkplate en blink silwer plate wat Noluvuyo bygesit het om haar ekstra kamer aan te bou.

Terwyl die twee die modderige straat na die taverne oorgesteek het het hulle in Bra Mike vasgeloop. Sakhumzi het vorentoe gespring en sy arm uitgesteek om hom te stop dat hy nie verbyloop nie.

“Ons was juis oppad na jou toe Bra Mike om die geld te kry vir daardie werkie wat ek gedoen het,” het hy gesê en sy bes gedoen om beleef te klink. Maar Bra Mike was glad nie in ’n beleefde bui nie.

“Wie de hel dink jy is jy om geld van my te eis in die middel van die straat? Daardie geld was om my terug te betaal vir al die drank wat jy ‘op die huis’ gedrink het.”

Sakhumzi het van nul tot ’n honderd gegaan in ’n paar sekondes. “Hay’suka, man! Ek wil my dekselse geld hê, Mike. Hou op om vir my stories te vertel.”

“Ek gaan nie met ’n dronk dwaas redeneer nie,” het Bra Mike geantwoord toe hy Sahumzi opsy gedruk en probeer verbyloop het.

Binne sekondes het Sakhumzi ’n Okapi-mes uitgetrek. Teen die tyd dat Mavis en ’n bystander in die straat gegil het, het hy alreeds die mes diep tussen Bra Mike se nek en regter skouer ingedruk. Bra Mike, ’n groot veertigjarige ou is tot sy knieë gebring. Sy beursie en sy foon het op die grond geval. Sy hand het oor die wond geklamp om die bloed te probeer stop, maar dit het uitgespuit, en deur sy vingers op die grond gelek.

Sakhumzi het die beursie gegryp, die mes toegevou en dit in Mavis se rugsak gedruk. Toe het hy die straat afgehardloop en haar daar gelos. Sy het gekyk toe Bra Mike, terwyl hy sy skouer vasgryp na die taverne gestrompel het. “Ek gaan die polisie bel,” het hy na haar geroep, “julle gaan betaal hiervoor.”

Mavis het vinnig in die straat afgeloop in ’n nou, donker stegie in. Die polisie sou kom, daarvan was sy seker. Watter tipe kêrel was Sakhumzi, om haar daar te los? Waar was die drankie waarna sy gesmag het en wat Sakhumzi beloof het? Wat het van sy plan geword? Sy kon nie beweeg nie; sy het net daar gestaan en bewe terwyl sy haar sak styf vasgehou het.

Teen die tyd dat sy die krag gekry het om weg te loop van wat so pas gebeur het, het ’n man en vrou polisiebeampte na haar toe aangestap met die stegie af. Daar was geen uitkoms nie!

“Stop net daar, Mama!” het die vrou offisier geroep. Sy het die sak uit Mavis se hande gegryp en dit op die grond uitgegooi. Daar was die beursie en die mes, nog rooi van Bra Mike se bloed. “Jy is onder arres vir die roof op Michael Matshoba,” het sy gesê toe sy Mavis se regter skouer gegryp het en haar regterarm agter haar rug vasgepen het.

Hierdie keer was Noluvuyo nie daar om Mavis te red nie.

***

Vertel ons wat dink jy: Was die polisie veronderstel op vir Mavis haar regte voor te lees voor hulle haar gearresteer het? Wat is hierdie regte? Hoekom dink jy het hulle dit nie gedoen nie?