Liewe Dagboek,
Hoe moet ek oorleef in hierdie wêreld? Orals waar ek gaan, terg mense my. Spot hulle met my.

Mense haat gay mense.

Daar’s dit, ek het dit gesê.

Jy sal stry. Jy sal sê, “Ag, my vriend is gay en ons almal aanvaar hom.” Wel, geluk.

Vir die meeste van ons is dit hel. Okei? Hel.

Hel, hel, hel!

Ek is al meer keer geslaan as wat ek kan tel. En elke keer breek dit my selfvertroue bietjie vir bietjie af. Maar ek verdien om te lewe. Ek weet dit.

Auntie Blessing sê ek is slim, snaaks, talentvol en ʼn goedhartige persoon.

En ek weet wie ek is.

So, sê my – dink jy ʼn goedhartige persoon, wat slim en talentvol is, moet gehaat word, pap geslaan word?

Vra jou dié vraag. Kyk diep in jou siel.

Ek het geweet ek is gay toe ek nog ʼn laaitie was, Dagboek. Auntie Blessing het my by Cardies gelos as sy Shoprite toe gegaan het om die groceries vir die week te kry.

Ek het deur die posters gekyk en een gesien van ʼn man sonder sy hemp. Hy was pragtig. Sy oë was blou en hy het baardstoppels gehad.

Ek het nie geweet wat ek voel nie. Dit was nie ʼn seksuele gevoel nie. Ek was te jonk om eens te weet wat seks rêrig is. Ek het net gevoel …

Like, dit was soos ʼn magneet vir my oë. Ek het omtrent drie minute na hierdie plakkaat gestaar sonder om weg te kyk. Ek weet nie hoekom nie, en ek het nie geweet wat ek gevoel het nie, ek het net geweet ek voel …

ʼn Vonk.

Jy dink dalk dis weird, Dagboek, maar ek gee nie ʼn moer om nie.
Dis natuurlik. Ek is so gebore. As jy ʼn sekere manier gebore is, behoort mense jou nie daaroor sleg te sê nie.

En weet jy wat? Vir iemand van wie society nie hou nie, is ek ʼn baie vrolike dude. Ek het soos in tien miljoen vriendinne. Ek blog. Ek doen Talisa se make-up (sy’s my cousin).

Ek weet dis girly om sulke goed te hou, maar wie gee om? Wat’s fout met girly?

WTF, wêreld, laat my net leef. Hoe raak die feit dat ek my cousin se make-up doen jou enigsins?

Ek het vandag in ʼn bakleiery betrokke geraak met Songezo en daai klein rot, Mdu. Hulle het my gesê om my skooltas en geld vir hulle te gee.

Ek het nee gesê.

Hulle het gesê ʼn klein moffie moet na ware mans luister.

Ek het gesê, “Julle is nie ware mans nie. Julle is varke. Is varke mans? Nee.” Dit het hulle kwaad gemaak, toe raak hulle mal.

Hulle het my geskop, my gewurg, op my gespoeg, ek het gedink hulle gaan my actually doodmaak. En as ek sê doodmaak, dan bedoel ek dit. Ek het al gehoor van mans wat gay mans, gay vroue vermoor.

Soos ek sê – ons is endangered. Jy weet nie hoe dit is nie.

Maar iemand het vir my opgekom. Jy sal nie glo wie nie. Ek is kwaad, maar terwyl ek dit skryf, begin ek glimlag. Die ou wat my kom red het? Die hunk wat my onderdrukkers platgeslaan het soos Brad Pitt in Troy¸ wat hulle basies ʼn pak slae gegee het tot hulle soos honde weggehol het?

Niemand anders nie as my nommer een crush, David. Hoe’s dit vir ʼn kinkel in die kabel?

Dit was so cool.

Ek kon loop, actually; dit was net my kop wat vol bloed was. Hy het gehelp om die bloed af te vee met tissue paper en water uit sy waterbottel.

Hy was so … awesome daaroor. Hy het my nie getreat soos die ander straight ouens my getreat het nie – soos ʼn freak, soos een of ander siek mens by wie jy gayness kan aansteek nie lol.

Toe’s hy soos in, “Kan jy loop?”

En ek’s soos in, “Ek dink so?”

En toe het hy my opgehelp en hy was literally so sterk en heroic daaroor.

Hy is rêrig aantreklik. Uit tien uit, is hy soos in ʼn tien punt vyf, ek lieg nie.

***

Vertel ons: As jy nie gay is nie, hou jy daarvan hou dat ʼn persoon van dieselfde geslag jou prys oor hoe jy lyk? Is dit anders vir ouens wat ouens bewonder, en meisies wat meisies bewonder?