Die blare ritsel in die wind. Die donder Rommel, my tande kners en my skouers bewe van die koue en dan is die pikswart. “suid-Afrika se krag onderbrekings,” dink ek. Stilte, swart, stilte. Ek sug dramaties. Daar was nog ‘ moord. Miskien sale k die volgende slagoffer wees? Ek sien die deur stadig oopgaan…

In die verlede was daardie aantreklike gesig met die oulikse kuiltjie glimlag ‘n perfekte droom. Nou is hy my slegste nagmerrie. Hy stap stadig na my. In sy gevaarlike oe, sien ek hoe hy verander het. Hy was ‘n volledige kontras teen die swart en wit wereld waarin ek gelewe het. Nou is hy arrogant, gevoellos en deur rykdom gedryf.

Ons het begin om oor alles en niks te stry. Die selfde leuens. Dieselfde verskonings. Hy is slegte nuus. Dit was ‘n slegte verhouding en ek sal nooit terug gaan nie. Sy duisternis het my sonskyn gevat.

‘n Skool knal, nou is ek doodbang. “Los my uit”, skreeu ek. Skielik is hy langs my met die pistol in sy hand. Hy kyk aandagtig na my en ek dink hy kan my stukkende siel sien . My wonde is sleg. Niemand kan my help nie.

Teen my sin, soen hy my en se dat alles sal reg wees. Die wind en ek huil saam. /deur die venster kan ek potblou en bloedroos ligte sien. Die polisie.

Die deur gaan stadig oop en hulle is langs my. Hy is op heterdaad betrap, die pistol in sy hand. “Hy gaan trunk toe…” vertel hulle my. Ek is veilig. Daar is ‘n swart stilte en dank an ek nie meer my stukkende siel voel nie.